Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

André Brink

@ Sunday Times Books LIVE

André Brink Latest

Philida

Soon there must come a day when I can say for myself: This and that I shall do, this and that I shall not.

Philida is the mother of four children by Francois Brink, the son of her master. The year is 1832 and the Cape is rife with rumours about the liberation of the slaves. Philida decides to risk her whole life by lodging a complaint against Francois, who has reneged on his promise to set her free. His father has ordered him to marry a white woman from a prominent Cape Town family, and Philida will be sold on to owners in the harsh country up north. Unwilling to accept this fate, Philida continues to test the limits of her freedom, and with the Muslim slave Labyn she sets off on a journey across the great wilderness on the banks of the Gariep River, to the far north of Cape Town.

Philida is an unforgettable story of one woman’s determination to survive and be free.

EAN: 9781846557040
Purchase now

~ ~ ~

 
‘n Aangrypende, meesleurende en diep menslike roman deur een van Suid-Afrika se grootste skrywers: Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop.

Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.”

Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller. ’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.

EAN: 9780798155212
Koop nou